My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. DELIVERY WITHIN THREE WEEKS. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

Waar onthou begin deur Connie Luyt

Write a review
R 280.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 7-14 dae!

Publikasiedatum: Augustus 2020 

Toe Elfrieda ná ʼn lang koma uiteindelik haar oë oopmaak, is haar kop leeg.
Sy is in ’n Durbanse hospitaal nadat sy voor ’n motor ingehardloop het en
die angs pak haar wanneer sy besef sy kan níks van haar verlede onthou
nie.


’n Terloopse opmerking deur Michael, die neuropsigiater wat na haar
omsien, bring ’n flits herinnering: Voor haar sien sy ’n vaalgroen boekie
oor die lewe van die ontdekkingsreisiger David Livingstone se vrou, Mary.
Met behulp van Michael begin Elfrieda stadig die legkaartstukkies van
haar geheue aanmekaar sit.


Maar soos haar grootwordjare voor haar begin oopspoel, bring die
onthou ook hartseer: soos die herlewing van die tragedie van haar pa se
ongeluk tydens ʼn vakansie by die see en haar ma se kille verwyt en woede
daarna.


Terwyl Elfrieda ’n pad stap – verby die verskrikking van vergeet en die
ontsetting van onthou – neem die verhaal van Mary Livingstone vorm
aan: van haar grootwordjare op Kuruman in die Noord-Kaap, tot kinders
grootmaak in die wildernis van Betsjoeanaland. En deur dit als: David se
oorrompelende reisdrif wat hom ’n koers laat inslaan het na ’n plek waarheen
sy gesin hom eindelik nie kon volg nie.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.