Bedside Table Reads
Who doesn't love a pile of book on their bedside table. So here are lists of books that we love arranged in our very own way to help you find the perfect book, or at least have fun trying.
Publikasiedatum: Mei 2020
Wild
In Wild word ’n jong meisie, Vlooi op ’n plattelandse dorp in ‘n hok aangehou. Haar gedrag toon meer ooreenkomste met diere as mense en sy loop handeviervoet. Dié drama, ondersoek wat die mens méns maak. “Die stuk vra vrae oor wat menswees nou eintlik is,” sê Rademeyer. “Is dit biologie, is dit taal, is dit hoe ons omgaan met ander mense? Watter eienskappe is eie aan die mens? En is menswees en 'n menslike bewussyn beter as nie-menswees nie, om soos 'n dier in 'n aanhoudende, onbewuste teenwoordige tyd te lewe? Die stuk poog om menswees, die mens, vreemd te maak deur dit wat ons as vanselfsprekend aanvaar, te betwyfel.”
Klippe wat val
Kannetjie, ‘n vertandelik gestremde seun woon in ‘n hondehuis op ‘n afgeleë plaas. ‘n Soort Kain en Abel-storie. Kannetjie het ‘n fassinasie met sterre en meteore en dit verwys na die klippe wat val. Sy boesemvriend Abrie keer ná amper 15 jaar terug. As seuns was hulle onafskeidbaar, nou is hulle vreemdelinge vir mekaar. Terwyl die twee terugdelf die verlede in verskiet die een ster ná die ander.
Rademeyer het in hierdie twee dramas stories wat ‘n sterk aanspraak maak op temas tussen mens en dier – die grys areas, die korrelasies asook die botsings. En sy skrywerstem is diep gewortel in die natuur buite die metropole of voorstede. Met Wild en Klippe wat val het die opwindende jong dramaturg-regisseur Philip Rademeyer teaterliefhebbers gaande.
Standaard afleweringsterme van toepassing.
Who doesn't love a pile of book on their bedside table. So here are lists of books that we love arranged in our very own way to help you find the perfect book, or at least have fun trying.
What's new at UPPERcase, every month we release a newsletter featuring the coming months books, events and so much more, subscribe below to never miss a newsletter again.
Get your news releases on our online store or in our physical store. If you don't see the new book you are looking for, pop us an email and we'll help you find it!