Wildekus deur Morne Malan

Regular
R 203.00
Sale
R 203.00
Regular
R 290.00
Sold Out
Unit Price
per 
Tax included.
SKU
- +

Nationale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: Julie 2021 

Vir die welgestelde sakeman, Adam Swart, is geloof egter nie so maklik nie. Dis juis hoekom sy dogter, Lea, en haar ma van hom vervreem is. Wanneer Lea se ma egter sterf, gryp Adam die kans aan om sy verhouding met sy dogter te herbou.

Hulle Wildekus-wegbreek het skaars begin wanneer ’n groep rondswerwende gelowiges reg langs hulle kom laer trek met ’n versameling voos en vodde karavane. Kort daarna, onder die wakende oog van hulle jong, imposante leier, begin die luidkeelse gesanik, nagtelike kruisvure en waansinnige seedopery. Dis alles net te veel vir Adam, en sy frustrasies loop oor in ’n ernstige kopstampery met Lea. Die volgende oggend is die karavane skoonveld. Sy dogter ook.

Hy moet vir Lea gaan vind as hy ooit weer vrede in sy gemoed wil hê. In die diep Transkei beland hy op die spoor van Die Lewende Vlees, ’n sekte swerwers wat daar tussen die heuwels hulle eie stukkie paradys probeer staanmaak. Maar elke swerwer het sy storie, elke paradys sy slang.