Willem Pretorius, iewers, êrens deur Verskeie
- Regular
- R 350.00
- Sale
- R 350.00
- Regular
- Unit Price
- per
Out of print!
Publikasiedatum: Januarie 2022
Willem Pretorius is een van ons voorste skilders wat die Suid-Afrikaanse platteland vasvat met soortgelyke patos as Walter Meyer, aan wie alle skilders in hierdie genre hulde bring. Sy skilderye is amper foto-realisties maar inspireer tog ʼn sekere gevoel van nostalgie na ʼn verlore onskuld, na die sogenaamde goeie ou dae wat nie vir almal goed was nie. Daar is ook ʼn afstandelikheid, ʼn gebrek aan kommentaar: Die landskap spreek vir homself.
Die boek bevat kleurafdrukke, professioneel gefotografeer, van sy 50 jongste werke, ʼn goeie mengsel van sy gebruiklike onderwerpe: huise, treine, versaakte swembaddens, landskappe, ou karre en gekrokte bakkies, plattelandse winkels, huise en dorpstonele, ensovoorts.
Elke skildery is begelei deur ʼn skryfsel van ʼn bekende skrywer, musikant, digter of skilder. Dis nie ʼn beskrywing of tegniese ontleding van die skildery nie, eerder vry assosiasie, ʼn kort kortverhaal, ʼn herinneringskets. Elk is ongeveer 500 woorde en beslaan dus nie meer as een bladsy nie; die bladsy langs die skildery wat dit geïnspireer het.