My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. DELIVERY WITHIN FOUR WEEKS VISIT TERMS FOR MORE INFO. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

Wo(o)rdslim 2 deur Jaco Jacobs

Write a review
R 90.00
Quantity
- +

Publikasiedatum: Maart 2020 

Nog meer prettige woordspeletjies vir kinders!

Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese aktiwiteitsboek!

Na die sukses van Wo(o)rdslim bevat hierdie tweede boek 56 bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak.

Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die raaisels kan baasraak!

Van die aktiwiteite in hierdie boek sluit in:

  • Tematiese blokraaisels wat saamgestel is rondom ’n verskeidenheid temas.
  • Woordsoekblokke
  • Spelspeletjies
  • Letterblokke
  • Kriptogramme en ander briljante breinboelies

Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult – hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is die perfekte manier om kinders se taalkennis speel-speel op te skerp.

Volledige oplossings agter in die boek.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.